Die Ontwikkelaar
Die ontwikkelaar is Waterlake Hills (Pty) Ltd. Die ontwikkelaar was al betrokke by vele soortgelyke, suksesvolle ontwikkelings.
Alle voltitel-erwe is 1 000 vierkante meter groot. Daar sal ‘n verskeidenheid huisgroottes beskikbaar wees, insluitend enkel- en dubbelverdiepinghuise. Die ontwikkeling volg ‘n aardse en natuurlike argitektoniese tema, waar hoë spitsdakke en uitspattige kleure vermy word om ‘n harmonieuse en rustige omgewing te skep.
Die minimum grootte vir ‘n voltitel-huis is 300 vierkante meter. Tuinhuise en duet-huise kan egter kleiner wees. Alle bouwerk en argitektuur word deur die ontwikkelaar self bestuur. Dit waarborg dat die hoogste gehalte bouwerk gehandhaaf word. Dit verseker ook dat die beheer van bouwerkers en die gepaardgaande ongerief deur die ontwikkelaar hanteer word.
Energie en Sekuriteit
Om volhoubaarheid te bevorder, sal sonkragstelsels so ver moontlik gebruik word om wonings van elektrisiteit te voorsien. Dit word ingesluit by die aankoop van die eiendom.
Die hele estate word omring deur drie heinings, waarvan die middelste heining geëlektrifiseer is. Hierdie elektriese heining word 24 uur gemonitor deur die wagkamer by die hoofhek.
• Geen toegang tussen die heinings word toegelaat nie. Slegs instandhoudingspersoneel, bestuur en sekuriteitswagte mag hierdie gebied betree.
• Die heining word ook 24 uur per dag gemonitor deur sekuriteitskameras, en ‘n reaksiespan sal onmiddellik optree indien nodig.
• Toegang tot die estate word streng deur wagte en bestuur beheer.
Levies en Administrasie
-
Waterlake Hills Estate sal in-huis bestuur word.
-
Eienaars sal onderhewig wees aan ‘n maandelikse levy, wat van tyd tot tyd aangepas kan word volgens die direksie se oordeel.
-
Die levy-bedrag word bepaal deur die tipe eiendom, bv. of dit ‘n voltitelhuis of ‘n tuinhuis is.
Internet
-
Toegang tot vinnige internet sal beskikbaar wees via Wi-Fi en fiber-verbindings.
Troeteldiere
-
Waterlake Hills Estate sal troeteldiere toelaat.
-
Voltiteleenhede kan twee medium grootte troeteldiere aanhou.
-
Alle duet en tuinhuise is beperk tot een troeteldier, weens die grootte van die erf.
-
Alle troeteldiere word beperk tot jou erf en mag sleg op 'n leiband onder toesig van sy eienaar in die estate rondbeweeg.
Ter Inligting
-
Geen quad bikes of off-road motorfietse word op die estate toegelaat nie.
-
Elektriese gholfkarretjies mag slegs op die estate se paaie gebruik word, en slegs indien die bestuurder ‘n geldige rybewys het. Hierdie voertuie word nie op staproetes of wandelpaaie toegelaat nie.
-
Enige besigheid wat vanuit ‘n woning bedryf word, moet vooraf skriftelik deur die direksie goedgekeur word.
Ontwikkelaar en Eiendomsinligting

